GEORGE NUUS - Hoërskool Outeniqua se instrumentale ensemble het 'n baie suksesvolle twee weke agter die rug.
Hulle het op 5 Augustus aan die Montagu Jeug Musiekfees deelgeneem en 'n goue prestasie vir 'n program van vier stukke ontvang sowel as die MMADD-trofee vir die skoolensemble wat die grootste bydrae tot die fees gelewer het.
Verlede naweek, 19 Augustus, het die ensemble deelgeneem aan die Tygerberg Internasionale Eisteddfod in Kaapstad waar hulle 'n prestasie van 96% (hoogste lof) ontvang het.
Hulle is ook uitgenooi na die eisteddfod se gala-aand in September waar al die beste items 'n geleentheid gegee word om op tree.
Die ensemble onder leiding van Rian Smit (agter regs) is agter, van links: Madri Strydom, Mialida van Leeuwen en Janique Ciarah Meiring. Voor: Larah Isabel Gerber, Xanéy Janse van Rensburg en Mia Steenkamp.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’