Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - En so het die bykans vyf dae lange kunstefees by die George Arts Theatre vanoggend skuins na 11:00 tot 'n einde gekom.
Die gewilde karrakters van Klikkerland het die laaste sê gehad met 'n vertoning wat hul jong gehoor terdeë geniet het. Die kleingoed was glad nie skaam nie en het sonder meer op die verhoog saam gesing en gedans.
Die kunstefees het groot name gelok soos Lizz Meiring, Marion Holm en Hannes van Wyk. Kunstenaars van die omgewing het deelgeneem aan 'n kunsuitstalling wat tydens die fees in die teater se studio uitgestal is.
Carpe Musicam! Orkes, die violis Stefan Conradie en die sanger/kitaarspeler/liedjieskrywer Bea Crawford van Barefoot Music en die baskitaarspeler John Richards het gesorg vir musiek tussen al die drama.
VIDEO: Die Klikkerlanddans
"Wat 'n fees om ons eie kunstefees te hê!" het een van die gaste gesê. "En jy hoef nie eens oor die berg te ry nie."
Na wat verneem word is die plan om hierdie geleentheid 'n jaarlikse instelling te maak.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'