GEORGE NUUS - Daar is nog kaartjies beskikbaar vir die Afrikaanse sanger Manie Jackson, se vertoning ten bate van die Tuinroete DBV.
Die vertoning word môreaand, Vrydag 30 September, van 18:30 tot 22:00 by die NG Kerk, Blanco se kerksaal aangebied.
Verversings sal te koop aangebied word en kaartjies kos R150. Bywoners is ook welkom om hul eie drankies saam te bring. 'n Voorvertoning deur Pieter Mohr sal ook aangebied word.
Vir meer inligting skakel gerus vir Rika by 082 308 6862.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'