GEORGE NUUS - Die Vriende van die Tolhuis hou op Vrydag 10 November 'n reuse-geldinsameling vir die restourasie van die tolhuis.
Dit neem die vorm aan van 'n ete en 'n kort fliek wat die plaaslike kameraklub gemaak het van 'n spookstorie wat in die tolhuis afspeel. Dit word ingeskryf vir kykNET se Silwerskerm-kortfilmfees. Verskeie pryse is op die spel, waaronder 'n vliegtuigrit met die Tuinroete langs.
Die geleentheid vind by die Outeniqua-rolbalklub plaas en begin om 18:30. Die Eden Minstrels tree ook op.
Kaartjies kos R120 en is beskikbaar by Gerda Stols by 083 772 8252.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'