Ad Astra koor bestaan reeds 23 jaar onder die bekwame koorleiding van Elmine Bester en haar man Danie Bester. Hulle tree gereeld saam met ander kore soos die Universiteitskore van Kaapstad en Grahamstad en besoekende oorsese kore op. Hierdie koor bekoor jaarliks tydens die Outeniqua Koorfees in George en wen in 2006 die Provinsiale Eistedfod kompetisie vir SA Skoolkore.
Kom luister gerus op Woensdag 8 September na bekende en gewilde koorwerke deur die Ad Astra koor. Die uitvoering begin 13:10 en duur slegs 35 minute. Toegang is gratis, maar donasies word by die deure ontvang.
Skakel Friena Maritz by 082 471 1825 vir verdere navrae.
Die skoolkoor van Hoërskool Oudtshoorn tree tydens die eerste etensuurkonsert van die Lentereeks 2010 op.