GEORGE VERMAAKNUUS - Helpende Hand in George bied 'n konsert aan ten bate van hul diensorganisasie, op Saterdag 29 Februarie om 18:00 met die bekende Afrikaanse sangers Leah en Willem Botha.
Dit vind plaas om 18:00 by die NG Moedergemeente se kerksaal. Gaste kan 'n karnavalatmosfeer verwag met eet- en drinkgoed by die venue.
Kaartjies is beskikbaar by Helpende Hand se winkel en kerkkantoor teen R120 (volwassene), R100 (pensioenaris) en R80 (kinders tot 13 jaar). Vir navrae kontak Marita 082 900 3156 of Theresea 073 599 5291.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'