GEORGE VERMAAKNUUS - Die George-kunsteteater bied vanaf 15 tot 24 April met trots aan die produksie van Repelsteeltjie, gegrond op die Grimm Broers se sprokie van 1812.
Skrywer en regisseur, Ilze Tulleken, neem die vertelling van die bekende Repelsteeltjie en verweef daarmee saam die ontdekking van ware rykdom.
Kleurvolle en vermaaklike karakters neem die gehoor op ‘n reis deur die dorpie, Lulitan, en verskaf vermaak aan die hele gesin. Oud en jonk sal saam lag en gesels oor hierdie produksie.
Vir meer inligting besoek Oakhurst Insurance George Arts Theatre se Facebook-blad of skakel 044 873 3938 / enquiries@georgreartstheatre.
Kaartjies beskikbaar deur Computicket en die kostes beloop R100 per volwassene, R70 per kind. Lede van die teater betaal R80 per volwassene en R60 per kind.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'