GEORGE NUUS - 'n Klassieke Keur-konsert bestaande uit musiek deur van die mees bekende komponiste soos Johann Sebastian Bach, Gabriel Faure, Franz Doppler en Friedrich Kuhlau beloof om 'n kuur vir die koue te wees op Sondagmiddag 30 Julie om 15:30 In die Oakhurst Insurance George Arts Theatre in Yorkstraat, George.
Volgens die George-musiekvereniging gaan die konsert gewis die 'winter blues' verdryf.
Die doyenne van klavier en komposisie, Dalene Brits, word vergesel deur twee uitstekende jong kunstenaars van George naamlik Ruan van der Vyver, fluitspeler en Calvin Steyn, violis om die gehoor te trakteer op uitstekende kamermusiek, net wat 'n mens benodig om van die koue te vergeet.
Kaartjies vir hierdie uitstaande uitvoering kan verkry word by die George-kunsteteater of aanlyn by www.georgeartstheatre.co.za.
Vir meer inligting kyk op www.georgemusicsociety.co.za of George Music Society op Facebook.
Calvin Steyn
'We bring you the latest George, Garden Route news'