GEORGE NUUS - Die Kaap verander jaarliks in ‘n mini Rio de Janeiro met die kleurvolle Kaapstad Karnaval.
Die Karnaval is ‘n glansryke feesviering en die Moederstad en haar mense gebruik die geleentheid om die diverse kulture en gemeenskappe te vier.
Die tema vir 2018 is ‘Moederstad, Moeder Natuur’ en die tema weerspieël twee van Kaapstad se grootse bates, die natuurskoon en die wonderlike mense.
Die tema was ook die aansporing vir die Oakhurst Insurance George Arts Theatre se besluit om die karakters van hul suksesvolle Khumba-vertoning na die karnaval te neem om deel te neem aan die parade.
Khumba, ‘n Suid-Afrikaanse animasie prent, is in Desember verander na ‘n baie suksesvolle teaterproduksie deur Carina Beukes en haar produksiespan wat onder meer bestaan uit die George-kunsteteater se personeel.
Die meeste vertonings het vinnig uitverkoop, met baie teleurgestelde mense wat nie kaartjies kon kry. Die teater het soveel navrae ontvang, dat nuwe optredes vir April en Mei geskeduleer is.
Khumba paradeer
Carina verduidelik: "Dit het dus baie sin gemaak om die Khumba-karakters na die Kaapstad Karnaval te neem om die sukses van die produksie en die natuurskoon van Suid-Afrika te vier. Die wonderlike maskers is gemaak deur lokale kunstenaar, Pieter Beukes van Creative Castle Creations, en geverf deur die talentvolle Gaye Lamberts, ook van George. So hierdie jaar is daar zebras, gemsbokke, springbokke, wildehonde, meerkatte en selfs ‘n luiperd deel van die Kaapstad Karnaval." Carina het afgesluit deur te sê: "Dankie vir die verteenwoordiging Oakhurst Insurance George Arts Theatre."
Die George-kunstesteater se akteurs wat deelgeneem het aan die toneelstuk Khumba (wat Desember 2017 voor gepakte sale opgetree het) is opgewonde om deel te neem aan die Kaapstad Karnaval wat plaasvind op Saterdag 17 Maart.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'