Die oorheersende tema van vanjaar was 'vernuwende denke in die kunste'. Tydens die spoggeleentheid gehou op Sondag 11 Mei by die Mount Nelson Hotel, Kaapstad is baanbrekers in die kunste vereer en nuwe stemme beloon.
Oudtshoorniet Rhodé Snyman, wat ook tydens die funksie aangewys is as die nuwe uitvoerende hoof van Kuns Onbeperk het die pryswenners geluk gewens. Sy het gesê "Dit is vir Absa KKNK 'n groot verjaarsdaggeskenk (twintigste) dat vanjaar se ryk oes aan nuwe werk van hoogstaande gehalte op die wyse vereer word. Ons hoop dat hierdie werk ook elders speelkans sal kry."
Finding Emo is aangewys as beste mu-siekproduksie; Dogma is as die beste teater-aanbieding aangewys en Waterpas is as die beste komedie aangewys en is geborg deur kykNET & Kie. Tydens die funksie is die volgende persone vereer vir hul bydrae, rol en diens aan die kunste:
- Afrikaans Onbeperk vir Lewensbydrae - T.T. Cloete en Koos Human;
- Vernuwende denke - Nataniël;
- 'n Jong stem - Christiaan Olwagen;
- Diens aan die KKNK - Franklin Sonn;
- Lewensbydrae - Thandi Klaassen;
- Vernuwende denke - Jaco Bouwer;
- Kuns Onbeperk vir vertolking - Sandra
- Prinsloo en Shaleen Surtie-Richards;
- Kuns Onbeperk kruispunt - Coenie de Villiers en Zolani Mahola.
"Die Kanna-paneel was vanjaar geweldig beïndruk met debuutproduksies, veral wat toneel betref. Die paneel was dit eens dat vanjaar se toneel-aanbod een van die heel beste in jare was. Ons is ook opgewonde oor die nuwe kategorie vir beste komedie - verskeie opwindende en verruimende produksies het hiervoor in aanmerking gekom. Baie geluk aan almal wat genomineer is en natuurlik aan die uiteindelike wenners. En 'n groot dankie aan die kundige en ywerige Kanna-paneel vir al hul harde werk en entoesiasme," aldus - Erns Grundling, sameroeper van Kannas.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein-Karoo nuus'