GEORGE NUUS - 'n Plaaslike, privaat jazzorkes wat bestaan uit verskeie leerders van Hoërskool George, is steeds in die wolke ná hul deelname aan die jaarlikse Jazzathon by die V&A Waterfront se amfiteater in Kaapstad van 13 tot 15 Januarie.
Volgens Germaine Leonard, stigter van die GL Music Academy en 'n musiekonderwyser by Hoërskool George, is dit die eerste keer sedert die Covid-pandemie dat dié geleentheid weer buite aangebied is.
"Dit is 'n ope fees en enigeen kan daarna luister," het Leonard gesê.
"Die fees strek oor drie dae en die platform is vir jong opkomende musikante. Die geleentheid is al die laaste 26 jaar daar vir jazzmusikante om hulself bekend te stel en hul droom te bewaarheid. Ons is genader deur Graig Parks, een van die stigterslede van JCQ Productions, om hieraan deel te neem."
Leonard het al vantevore aan die Jazzathon deelgeneem, maar dit is die eerste keer wat hy kinders van sy GL Music Academy aan die fees laat deelneem.
Van links is Germaine Leonard, musiekonderwyser by Hoërskool George en stigter van die GL Music Academy, Quintin Peterse, Christiaano Blaauw, Bramley Peterse, Dominick Arendse, Kyle Damons, Adrian Erasmus en Caleb Mckelly (voor). Foto's: Grant Alan Williams
Caleb McKelly op tromme. Foto's: Grant Alan Williams
Christiaano Blaauw op Keybord. Foto's: Grant Alan Williams
Kyle Damons op Keybord. Foto's: Grant Alan Williams
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'