GEORGE VERMAAK NUUS - By Heidedal Primêr het 150 leerders vanaf gr. R tot gr. 7, saam met hul ouers, deelgeneem aan die debutante Moulin Rouge waar hulle geld vir hul skool ingesamel het.
Die aand het op 'n hoë noot begin. Daarna het elke graad hul danspassies uitgevoer wat hul ouers se stoutste verwagtinge oortref het.
Die groep debutante het 'n tjek van R116 350 aan hul skoolhoof, Irvin Scheepers, oorhandig.
Voorwaar 'n trotse oomblik vir Heidedal Primêr!
Die gr. 3's voor, van links: Andrew Nightingale, Sueleman van Heerden, Crishane Jacobs, Anwon Davids, Brian Plaatjies, Thyswill Gertse, Joshua Botha en Cay-Win Muller. Middel: Ashlee-Kay Dinga, Nosimphie Boyce, Kelly Blaauw, Ruwayda Boom, Megan Kortje, Bathabile Dingi, Megan Logomberg, Shane Witbooi en Lee Wandre Hayzer. Agter: Afrigter Zannelize de Waal, Nazley Arries, Melinda Buys, Kashamira Pretorius, Caithlyn Mintoor, Leancha Cherry, Leighshe Davids, Tamarin Motha, Hayley Gertse en Keanu.
Die boodskap is duidelik - Welkom. Sittend Virginique Bruiners (links) en Siphokazi NtonziniAgter, van links: Mic-Kay Wesso, Stephanie Lottering, Jami-Lee Jacobs, Melanie Baartman, Aisha Mvuekure.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'