GEORGE VERMAAKNUUS - George-rymkletser Hakkiesdraad Hartman tree op Woensdag 27 Maart in die George Arts Theatre op.
Hy is 'n kunstenaar met vele kreatiewe vaardighede en deur die karakter Hakkiesdraad Hartman, toon hy verbale behendigheid in beide Afrikaans en Engels. Hy het 10 jaar se ondervinding in die elektriese ingenieursveld en is 'n self-opgeleide visuele kunstenaar en ontwerper.
Hakkiesdraad Hartman vermaak sy gehore met vertonings wat komedie, die gesproke woord en rymklets goed balanseer.
Sy vertoning begin om 19:00.
Kaartjies kos R100 en is beskikbaar by die deur.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'