GEORGE NUUS - Die musikant Ha!Man (foto) bied op 14 Februarie 'n Valentynsoptrede by Die Waenhuis Gastehuis in Caledonstraat aan.
Hy is 'n buitengewone kunstenaar, so wees voorbereid op 'n musikale reis wat die hart gewoon binnedring en die kosmos oopmaak.
Dis 'n eenmanvertoning met tjello, klawerbord en stem en 'n geniale vermoë vir spontane improvisasie wat elke vertoning uniek maak.
Daar is beperkte sitplek, bespreek vroeg-tydig by Madeleine by 083 461 9302. Tyd 18:00 vir 18:30. Besoek www.hamanworld.com
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'