GEORGE NUUS - Noble Productions bied môre, Vrydag 2 Desember, 'n konsert aan met Emo Adams en Take Note-orkes ten bate van Cecilia Noble se sopkombuis, Bread of Life Soup Kitchen wat in Pacaltsdorp en by Hoogekraal werksaam is, se kerspartytjie.
Die gehoor kan ook uitsien na vermaak deur William "Wimpie" Williams, Jason Mars, Hakkiesdraad en Keshia Swatz.
So bring die hele gesin, oud en jonk, en kom geniet 'n pretvolle aand by Eagles Nest Ministries in Pacaltsdorp.
Konsert begin om 19:00 en kaartjies beloop R150 vir volwassenes en R60 vir kinders. Vir meer besonderhede of kaartjies skakel Gregory Noble, ook die gasheer vir die aand, by 083 431 6053.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'