Gallery
GEORGE NUUS - Die ondersteuners van Coloured Laaitie, Moses Williams, het hulself Sondagmiddag, 29 Julie gate uit geniet by George-kunsteteater tydens sy nuutste produksie, Lag in Afrikaans.
Die vertoning is in samewerking met die Suid-Kaap se beste storievertellers, Pat Taylor, Ivan Johnson, John Petersen en Johny Rondganger, aangebied. Taylor en Rondganger is aanbieders van EDENfm se vermaakprogram Party Time op Saterdagaande en Ivan Johnson is 'n voormalige groepslid van, Brasse Vani Lokasie, waarvan oorlede Daniël Maritz en Oom Tom (Queba) deel was.
Die grapjas van Graaff-Reinet wat 'n middag van goeie stories in sy hartstaal beloof het, het nie teleurgestel nie. Die gehoor se maagspiere het behoorlik gewerk van al die lag.
Vir die wat voel hulle het uitgemis, Williams sê dis beslis nie sy eerste en die laaste groepvertoning saam met die storievertellers nie.
Petersen het die vertoning afgesluit met, "Lag elke dag asof jy vir die laaste keer lag."
In aksie op die verhoog, tydens die, Lag in Afrikaans, vertoning. Van links, Moses Williams, Pat Taylor, John Petersen, Ivan Johnson en Johny Rondganger.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'