OPVOLG: Weens die ekstreme weer en vloede is die galakonsert van die Lentereeks middaguurkonserte wat vanaand, Maandag 22 November, sou plaasvind, gekanselleer. Die organiseeerders vra om verskoning vir moontlike ongerief, maar vertrou dat die musiekpubliek die ongewone omstandighede sal verstaan.
GEORGE NUUS - As hoogtepunt en afsluiting van die NG Moederkerk se 2021 Etensuur Lentereekskonserte, word 'n galakonsert op Maandagaand, 22 November om 18:30 in die Moederkerk, George gehou.
'n Keur uit die nommers wat in die afgelope reeks soveel byval by die publiek gevind het, sal gelewer word.
Verskillende samevoegings van die volgende kunstenaars sal sang- en instrumentale nommers lewer: Dalene Brits (klavier), Gerrit Jordaan (klavier), Anina Wasserman (sopraan), Alma Oosthuizen (sopraan) en Stéfan Conradie (viool).
Maskers is verpligtend, toegang is gratis, maar donasies is welkom.
Violis Stéfan Conradie
Pianis en orrelis Gerrit Jordaan
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'