GEORGE NUUS - Goeie nuus vir musiekliefhebbers is dat die etensuurkonserte van 2023 op 'n hoogtepunt gaan eindig met 'n galakonsert wat op Woensdagaand, 1 November, om 18:30 in die Moederkerk sal plaasvind.
Die program sal bestaan uit gunstelingnommers wat in die herfs- en lentereekse hierdie jaar gehoor kon word.
Van ons bekende en gewilde kunstenaars wat weer gaan optree, is onder andere Dalene Brits (klavier), Gerrit Jordaan (orrel), Kaléne Roux (fluit), Calvin Steyn (viool), Elize Munro (klarinet) en Elisabeth Potgieter (mezzo-sopraan).
Die EKKO (Etensuur-konsertkomitee) bied graag hierdie geleentheid aan om persone wat nie bedags die konserte kon bywoon nie, die kans te gee om die kunstenaars in die aand aan te hoor, en om dankie te sê aan die gereelde gehoor vir hul ondersteuning en waardering.
Die toegang is gratis, maar donasies om onkoste te dek is welkom.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’