GEORGE NUUS - Toe Elandré oornag in Suid-Afrikaanse musiekliefhebbers se harte geklim het, kon 'n mens nie anders, as om verlief te raak op sy unieke stem, musiekstyl en voorkoms nie.
Dit is glad nie meer 'n geheim dat sy eerste debuutalbum Kleindorp Dromer spoedig goue status ontvang het nie en steeds op digitale platforms se ranglyste pronk nie.
Sy tweede ateljee-album #BOOMHUIS is gereed om die jong sanger en liedjieskrywer na nuwe en hoër hoogtes te neem.
Hierdie album is 'n persoonlike uitnodiging om hom te vergesel in sy boomhuis, die plek waar jy jouself kan wees en uitbeeld in vryheid. Die album is volgepak met treffers. Die eerste enkelsnit Vuur Op Die Water beoog om een van die
grootste Afrikaanse treffers van 2019 te wees. Die enkelsnit komplimenteer Elandré se unieke styl en bring 'n vars en aangename verrassing.
Bespreek nou jou kaartjies by Mercia by 083 514 5363 vir die vertoning Vrydag 19 Julie om 19:00 by die kunsteteater.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'