GEORGE NUUS - Op 16 Augustus het die nuwe kamerkoor in George, Eden Camerata, onder leiding van Phyllis Kriel-Goldblatt, deelgeneem aan 'n konsert met koormusiek. Die aand is gereël deur die bekende Palissander-koor wat tans deur die land toer om hul 30ste bestaansjaar te vier.
Eden Camerata het drie werke van die geliefde komponis Chris Lamprecht uitgevoer.
Hulle het afgeskop met die verlangende lied, Die Merrie met die kol, wat die verhaal vertel van die berge wat so hoog is, en die spruite wat so vol is. Daarna het hulle die ritmiese, ligte werk Vaalpad gesing.
Hulle aanloop met "wie sal dan my vroutjie wees?" eindig met 'n komiese vertolking.
Die optrede is afgesluit met die gewyde werk, Kom na My toe... almal wat vermoeid en belas is. Hier het hul harmonieuse klank die boodskap oorgedra van waar mens rus kan vind.
Die George-mannekoor het daarna opgetree, gevolg deur die konsert van Palissander. Die aand is afgesluit deur die saamsing van Aandgesang deur al drie kore saam.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'