OUDTSHOORN VERMAAK NUUS - Die Kalf is in die Put, Cyril is in die Middel, maar Ace is nog in die Kombuis, Eskom se volgende reddingspakket is 'n hamper met Blitz & Charcoal, Woolies verkoop hyena-vriendelike heuning, Dolla is 21 jaar in die bedryf en Ouma Deedee (Dowe Dolla) kom vir n lang kuier, …wat alles beteken Suid Afrika is in groter moeilikheid as wat ons besef het.
Dinge sal moet verander, dis nou of nooit!
Sy gaan terug na jaar blonde roots en bring ‘n “live” pianis, Coenraad Rall saam vir hierdie komedie-kabaret, maar ouder gewoonte word die rol van Dolla en Ouma Dowe Dolla steeds deur Margit Meyer-Rödenbeck vertolk.
Die teks en regie word deur Jurgen Human behartig.
En dis Nou of Nooit om Dowwe Dolla in aksie te sien, want op 18 Januarie het sy aangekondig dat sy op 31 Desember 2020 die stilettos gaan ophang en haar lollie op Gumtree gaan verkoop.
KKNK: kykNET Hoërskool (Oudtshoorn)
- 26 MAART OM 14:00
- 27 MAART OM 16:30
- 28 MAART OM 14:00
- Bespreek: Computicket
- GEEN ONDER 16 (TAAL)
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'