Só het die ATR-voorsitter, dr. Michael le Cordeur, genooi in sy verwelkomingstoespraak op Woensdag toe Taaldag met 'n verskeidenheid kunste gevier is.
Le Cordeur het die gehoor uitgenooi om deel te word van die positiewe konstruktiewe gesprek," het hy gesê.
Brett Pyper, uitvoerende hoof van die Absa Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK), het met sy praatjie Afrikaans as medium met kuns en kultuur as 'n eenheid gebind. Die skep van geleenthede, betrokkenheid en uitreiking in gemeenskappe is van die fokuspunte wat hy benadruk het.
Prof. Piérre Theron, organiseerder van die kultuuraand en ATR-lid het die besondere geleentheid in samewerking met skole en kultuurorganisasies gereël. Die aand se verrigtinge het by Hoërskool George, fokusskool vir die kunste, se skoolsaal begin. Dis die tweede keer dat die dag in George gevier is. Daar is sang, dans, drama, voordrag, rymkletsery en filmvermaak aangebied.
Skoolverteenwoordiging het van Hoërskole George, Sao Bras, Groot-Brakrivier, Oudts-hoorn, Auriel Kollege en Laerskool George-Suid gekom. Studente van die Kaapse Skiereiland Universiteit vir Tegnologie (KSUT) het 'n sang- en voordragitem met kitaarbegeleiding uit Moses gedoen.
Sangitems is deur die Midbrak-mannekoor onder leiding van Una Vorster en Estelle Scott gelewer. Die Vipers Rieltrappers het die verhoog aan die brand gedans. Trudie Niehaus van George het haar voordragitem met prettige pittigheid en humor opgetower.
"Ons moet Afrikaans laat leef en met lekkerkry uitleef," het Theron die hoop uitgespreek na nog 'n Taaldagviering.

Op Woensdag is Taaldag met 'n verskeidenheid kunste gevier. Hoërskool George se gr. 10-dansgroep was deel van die vieringe.