GEORGE NUUS - Dit is die Bush Lapa Konsertreeks se 15de verjaarsdag en dié jaar gaan hulle groot. "We're pulling all the stops!" sê eienaar KD Fourie.
Sedert sy ontstaan in 2007 word die Bush Lapa as die tuiste van musiek in die Suid-Kaap beskryf en vanjaar beloof Fourie musiek en kunstenaars soos nog nooit te vore nie.
Die fees word oor nege aande aangebied en daar word 'n ekstra aand se musiek beplan by die Down to Earth Venue met Ross Learmoth van Prime Circle. Dus, 10 aande van pure vermaak op die perseel!
Die Bush Lapa, wat tesame met Down to Earth Venue & Restaurant deel vorm van Herold's Bay Resort, is as te ware al volksinstelling in die Tuinroete en 'n mens kan amper nie 'n Desembervakansie indink sonder 'n show by die Bush Lapa nie.
Deur die jare het toenemende belangstelling in die fees gelei tot verdere uitbreiding en vandag kan die Bush Lapa sowat 500 mense akkommodeer.
Vanjaar kan besoekers werklik uitsien na prima vermaak deur van ons land se top-Afrikaanse kunstenaars.
Kaartjies is nou beskikbaar by Pick n Pay of bespreek aanlyn by webtickets.co.za. Deure maak elke aand om 18:00 oop en kaartjies kos tussen R120 tot R250 per persoon met die Nuwejaarspartytjie saam met Jakkie Louw en sy Band R150 - R395 met laasgenoemde prys wat 'n spitbraai-ete insluit.
Vir meer inligting skakel 044 851 0113 (k/u) /of 082 334 4340 (WhatsApp) of stuur 'n e-pos na admin@heroldsbayresort.co.za.
Hier kry jy 'n gesinsatmosfeer en almal voel soos familie. Parkering is volop en gratis, pryse is billik, kos is uit die boonste rakke en die vertonings gaan beslis nie teleurstel nie.
Bernice West is Woensdag 21 Desember op die verhoog.
Die 2022-feesprogram is as volg:
- 18 Desember - Spoegwolf
- 20 Desember - Bok van Blerk
- 21 Desember - Bernice West
- 23 Desember - Juan Boucher
- 26 Desember - Fatman
- 27 Desember - Elandre
- 28 Desember - Steve Hofmeyr
- 30 Desember - Jo Black
- 31 Desember - Jakkie Louw
Die Bush Lapa Konsertreeks word vanjaar geopen met niemand anders as Spoegwolf nie.
Dié jaar se konsertreeks beloof om een vir die boeke te wees.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'