GEORGE NUUS - Inwoners word genooi na die jaarlikse Lights and Lanterns-geleentheid op Groot-Brakrivier op Woensdagaand 20 Desember om 19:30.
Laurinda Smit, koördineerder, sê die geleentheid verleen hom tot die skep van ’n spasie vir stille nadenke oor die afgelope jaar.
"Tyd snel verby en gesinne en individue begin soms verby mekaar leef en op hierdie aand kan mense net weer hul lewens in oënskou neem. Die geestesgesondheid van families en gesinne raak al hoe belangriker.
"Daar moet tyd gemaak word om mekaar raak te sien en te hoor."
Dit is die sewende jaar wat dit langs die rivieroewer oorkant die polisiekantoor in Langstraat aangebied word.
Dit het reeds ’n instelling geword vir gesinne wat hul piekniekmandjie bring en onder die sterre saamkuier met boodskappe wat in die wind op 'n meipaal wapper.
Boodskapkaartjies en kersies is van 4 Desember af teen R30 by Groot-Brak Total en De Kaap Eiendomme in Langstraat te kry. Dit verleen toegang tot die geleentheid.
Vir verdere navrae, bel Laurinda by 082 7388011.
Die kerse word die aand vanaf 19:30 aangesteek.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’