GEORGE NUUS - Die Familiehuis-gemeente in George bied gedurende Paastyd 'n produksie aan getiteld Cross to crown om die boodskap van Paasfees uit te dra.
Deelnemers het die tradisionele Passiespel op 'n kreatiewe manier omskep met vermenging van dramastyle soos fisiese teater, realisme en tablo.
Die gehoor word aangemoedig om foto's te neem van elke vriesraam en dit na afloop van die optrede aan ander te stuur via sosiale media.
"Sodoende word die opoffering wat ons Hemelse Vader gemaak het opnuut in herinnering gebring en die evangelie wyd versprei," sê Andiah Myburgh, regisseur.
"Dis 'n kort dramastuk vir oud en jonk en beloof om 'n belewenis vir elke pelgrim te wees. Ons gebede is dat mense geraak sal word deur die boodskap, lewens hernu sal word en diegene wat deelneem vir altyd beïnvloed sal wees."
Die optredes is om 09:00 op Vrydag 15 April en Sondag 17 April.
Toegang is gratis. Kinders moet van voogde/kinderwerkers vergesel wees.
Familiehuis is geleë te Joubert Plaza 2, hoek van Meade- en Donerailestraat.
Vir meer inligting, bel Flip Myburgh by 082 903 8376 of Andiah Myburgh 082 868 2933 of stuur 'n e-pos na fhcgardenroute@gmail.com.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'