GEORGE VERMAAK NUUS EN VIDEO - Die Coloured Laaiti, of te wel Moses Williams, sit nie stil nie.
Hy het 'n groot eenmanvertoning wat hy beplan vir 4 Mei in die George Kunsteater.
Die vertoning. Die Grapjas. gaan bietjie gekskeer met die huidige politieke situasie.
Hy het bekend geraak na sy vertoning, die Coloured Laaitie, en dis ook sy produksiemaatskappy se naam.
“Ek hoop om dit voor die einde van 2019 te laat registreer,” se hy.
Vir iemand wat eens op 'n tyd skaam was het Moses homself gevind in skool-dramaproduksies, en dinge het van daar gegroei tot die snaakse man wat mense deesdae aanlyn vermaak.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'