GEORGE NUUS - Daar is nog tyd om by vanaand se Spoegwolf-konsert by die Bush Lapa op Heroldsbaai uit te kom.
Citizen Concept is tans op die verhoog. Hulle word gevolg deur Byron Minnie en daarna die alombekende Spoegwolf.
Môreaand kan besoekers uitsien na Bok van Blerk en Dinsdag is dit Bernice West se beurt.
Kaartjies is beskikbaar by enige groot Pick n Pay of by webtickets.co.za.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'