GEORGE NUUS - Bekende sanger Innes Benadé bied op Sondag 25 September 'n namiddagkonsert aan saam met sy eggenote Greta en seun Erik.
Hulle word bygestaan deur vriende Stéfan Conradie (viool), Steven Kapp (klavier) en Kaitlyn Macdonald (klavier).
Die pragtige NG Moederkerk met sy goeie akoestiek bied net die regte ruimte vir so 'n aanbieding waar die liefde deurgaans die tema is. Die publiek kan ook uitsien na verskeie nommers wat deur Greta self geskryf is.
Die konsert begin om 15:30. Donasies welkom.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'