GEORGE NUUS - Die Bush Lapa Konsertreeks skop vandeesweek af met Spoegwolf eerskomende Sondag op die verhoog.
Op Maandag 20 Desember kan jy jouself gereed maak vir 'n aand saam met Bok van Blerk en op Dinsdag 21 Desember is die blonde krulkopsensasie, Bernice West, op die verhoog.
Bernice West, wat in 2020 bekendheid verwerf het met haar eerste enkelsnit, Sonop-Blom, gaan Woensdag 31 Desember die Bush Lapa aan die brand hê met haar stem.
Dié jong krulkopsensasie het in 2019 die Afrikaanse musiekwêreld stormge-loop toe sy as die naaswenner van Emo Adams se talentsoekprogram, Maak My Famous, aangewys is.
Sy was ook deel van die Bohemian Rhapsody musiekvideo wat deur die Hoërskool Rustenburg se koor gesing is en groot opslae in die media gemaak het.
Bernice West
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'