Hy het die gehoor van 1000 mense (van oud en jonk) laat glimlag toe hy vertel het hoe hy sy eerste vakansiegeldjies verdien het om soos 'n haas aan te trek en te werk by die petrolstasie van sy oom Frans van Jaarsveld.
Toe hy Spieëltjie Spieëltjie sing het 'n groot groep teenyboppers na die verhoog geswerm om nader aan hulle held te wees. Te oordeel aan sy gesig het hy hierdie geesdrif vreeslik geniet. Die gehoor het ook lustig saam gesing met sy Loslappie liedjie en hulle was verruk toe hy van sy heel bekendste liedjies sing.
Na afloop het die moeders net so gretig nader gestaan om sy handtekening te kry, en die sekuriteitsmense het bontgestaan om die lang tou netjies in toom te hou. Die organiseerders was oral te siene en dit het gewis gesorg vir 'n gladde vertoning. Bobby se orkes is veelsydig en speel rock net so goed soos die saam-sing Afrikaanse liedjies. Hulle is voorgestel deur elk 'n solo te speel.
Die onaangenaamheid van die vorige dag toe 'n ghitaar agter die verhoog tydens 'n optrede by 'n ander dorp gesteel is, was nou skoon vergete. Maar na afloop het Georgiete almal met 'n salige uitdrukking op hulle gesigte huiswaarts gekeer.

FOTO'S: PAULINE LOURENS, GEORGE HERALD-JOERNALIS