Laer- en hoërskoolkore kan inskryf vir dié skoolkoorkompetisie wat vanjaar vir die 36ste keer aangebied word.
Laerskole kan inskryf in die volgende kategorieë:
- Meer en minder ervare senior kore, asook junior kore.
- Nie-Afrikaansmoedertaalsprekende skole kan inskryf in die afdeling vir senior en of junior kore.
- Die hoërskole afdeling bestaan uit meer en minder ervare kore wat insluit, seuns, dogters, gemengde kore.
- Die afdeling vir Nie-Afrikaansmoedertaalsprekende skole bestaan nou ook uit 'n meer en minder ervare afdeling wat insluit, seuns, dogters en gemengde kore.