GEORGE NUUS - Die tweede etensuurkonsert in hierdie jaar se herfsreeks vind op Woensdag 15 April plaas.
Dit neem die vorm aan van 'n herdenking van S le Roux Marais se geboortedag, 130 jaar gelede.
Hierdie komponis het 'n beduidende rol in die vestiging van die Afrikaanse kunslied in ons land gespeel.
Sy liedere word deur die sopraan Anina Wasserman, mezzo-sopraan Lynette van der Merwe en bas Coert Grobbelaar, met klavierbegeleiding deur Olive Sandilands opgevoer.
Die konsert vind om 13:10 in die NG Moederkerk plaas.
Toegang is gratis. Donasies welkom.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’