GEORGE NUUS - Henco Bester, leerder aan Hoërskool Outeniqua, het vroeër die maand drie goue medaljes verower in die Jazz- en Broadway-afdeling van die internasionale ronde, Stars of the Universe, van Talent Africa.
Dit nadat hy in 2021 uitstekend presteer het in die provinsiale en nasionale rondes van Talent Africa.
Tydens die internasionale rondes het hy meegeding teen deelnemers van onder andere Duitsland, Amerika, Ierland, Portugal, Rusland en Griekeland.
Baie geluk Henco!
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'