GEORGE NUUS - Die publiek word genooi om op Donderdag 19 Maart 'n ope dag by Tuiniqua-versorgingsentrum by te woon.
Die geleentheid vind van 09:00 tot 12:00 by die dienssentrum by Kerkstraat 13 plaas en bied die geleentheid om meer te leer oor die dienste wat die sentrum aanbied en hoe hulle ouer inwoners ondersteun en 'n gemeenskap skep waar hulle kan floreer.
Besoekers sal personeel van verskeie afdelings kan ontmoet en eerstehands meer uitvind oor die sorg- en ondersteuningsprogramme. Inligting sal ook beskikbaar wees vir persone wat belangstel om lede van Tuiniqua se dienssentrum te word.
Tuiniqua se missie is om 'n plek te skep "waar omgee 'n tuiste vind".
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’