GEORGE NUUS - Jong tennisspelers van regoor die Eden-streek het die afgelope naweek hul talent tydens die Tecnifibre Eden-minitennistoernooi in George ten toon gestel. Deelnemers in verskeie ouderdomsgroepe en afdelings het om titels meegeding.
Die toernooi het enkel- en dubbelafdelings vir spelers in die o. 12-, o. 14-, o. 16- en ope mans- en vrouekategorieë aangebied. Die jongste spelers het ook aan die Rainbow Kids Groenbal- en Oranjebal-toernooi deelgeneem.
In die o. 12-enkelspel is Mia Steyls en Nathan Patterson as kampioene gekroon. Rebekah Steyls en Joshua Woudberg het die o. 14-enkeltitels verower, terwyl Alexander Hurter die o. 16-seunsafdeling gewen het. In die ope afdelings het Tiana van Niekerk die vroue-enkeltitel ingepalm en Xander Pienaar is as die mansenkelkampioen aangewys.
Die dubbelspelwenners was Mia Steyls en Nika Odendaal (meisies o. 12), Nathan Patterson en Stephan Visagie (seuns o. 12),
Isabella Bekker en Neranzé Nel (meisies o. 14), Luan van Zyl en Alex du Plessis (seuns o. 14), Onothando Makhele en Retief Sharp (seuns o. 16), Xander Pienaar en Du Preez Erasmus (mans), asook Suané Koegelenberg en Tiana van Niekerk (vroue).
Nika Odendaal (naaswenner) saam met Mia Steyls (wenner) in die o. 12-meisiesenkelspelafdeling tydens die Tecnifibre Eden-minitennistoernooi in George. Foto: Verskaf
In die Rainbow Kids Groenbal-toernooi het Ile du Piesanie en Benjamin Loubser as wenners uit die stryd getree.
Eden Tennis Juniors het sy waardering uitgespreek teenoor die hoofborg van die toernooi. Volgens die organiseerders speel dié vennootskap 'n belangrike rol om geleenthede van hierdie gehalte vir jong tennisspelers moontlik te maak.
Eduard Steyls, Charl Opperman (naaswenners), Xander Pienaar en Du Preez Erasmus (wenners) in die mansdubbelspelafdeling tydens die Tecnifibre Eden-minitennistoernooi in George. Foto: Verskaf
Die vyfde en laaste Eden-minitennistoernooi van die seisoen word op 18 September aangebied. Eden-tennis nooi spelers en ondersteuners uit om weer deel te wees van 'n naweek van mededingende tennis.
- Saamgestel deur Marguerite van Ginkel
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’