GEORGE NUUS - Die Dewald Human BlitsKwagga-toernooi het Saterdag 22 Augustus ’n suksesvolle dag van 7’s-rugby, goeie gees langs die veld en ’n feestelike atmosfeer opgelewer.
Hoërskool Outeniqua het besonder sterk gevaar en met dubbel goud weggestap nadat die o. 17- en o. 15-spanne albei hul onderskeie afdelings gewen het.
In die o. 17-afdeling het Outeniqua die eerste plek behaal, gevolg deur Hoërskool Durbanville in die tweede plek en Hoër Landbouskool Marlow in die derde plek. Hoërskool Framesby het vierde geëindig, terwyl Hoërskool Punt die Plaat-eindstryd gewen het. Hoërskool Montagu was die Bowl-wenner en Hoërskool Knysna het die Shield-afdeling gewen.
Die o. 15-span van Outeniqua het eweneens die titel verower. George High het tweede geëindig, met Durbanville derde en Marlow vierde. Framesby was die Plaat-wenner, Punt het die Bowl-afdeling gewen en Langenhoven Gimnasium die Shield-afdeling.
Die o. 17-wenspan. Foto: Verskaf
-Saamgestel deur Marguerite van Ginkel
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’