GEORGE ROLBALNUUS - Die vreugdevure het hoog gebrand in die Outeniqua-rolbalklub se kamp toe twee van sy lede die hoogs kompeterende Eden-been van die nasionale Kings & Queens- rolbalkompetisie gewen het.
Alhan van der Merwe was veral baie opgewonde, en verras, toe hy in die eindwedstryd die Protea-speler Billy Radloff, naelskraaps geklop het. Die titaniese stryd het heeltyd wipplank gery totdat Van der Merwe die deurbraak teen die einde bewerkstellig het.
In die ander eindstryd het Wayne Ridden teen Henk Barnard te staan gekom en as die wenner uit die stryd getree.
Die twee spelers gaan nou Eden-rolbal in die nasionale ronde van die kompetisie in Gauteng verteenwoordig.
Deelname in die reeks geskied op uitnodiging en mans en dames neem op gelyke voet in hierdie prestige-kompetisie deel.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'