GEORGE NUUS - Drie Eden-atlete het Saterdag aan die Wes-Kaapse vierkampkampioenskap in Stellenbosch deelgeneem en puik presteer.
Johan Windt het die meesters goud, Zian Windt silwer by die seuns o.17 en Tonya Schoeman goud by die meisies o.15 behaal.
Vierkamp is deel van die Olimpiese sport, vyfkamp en behels die dissiplines van swem, skerm, hardloop en laserpistool skiet.
Hierdie atlete, al drie van Mosselbaai, gaan einde Junie Wes-Kaap by die SA kampioenskap in Pretoria verteenwoordig.
Johan Windt, Tonya Schoeman en Zian Windt.
Zian Windt, Tonya Schoeman en Johan Windt.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'