GEORGE ROLBALNUUS - Vanaand (Donderdag) se finale ronde in die Sanlam & Love 4 Vintage Somerliga vir besigheidspanne gaan 'n titaniese stryd afgee teen KTV se span wat hul titel gaan verdedig en Ettean & Friends wat met net een punt agter in die tweede plek op die punteleer is.
Maar dit is nie 'n uitgemaakte saak dat een van die twee spanne as kampioene uit die stryd gaan tree nie. Daar is 'n hele paar ander spanne wat met 'n goeie vertoning vir 'n verrassing kan sorg.
Spanne soos Butz & Gutz, Supporters, Sanlam en Kommaweer Stoffeerders byvoorbeeld kan met 'n uitstekende vertoning genoeg punte insamel om die eerste plek in te neem en die titel te buit. Al die voorste spanne sal na verwagting gefokus wees om hul beste vertoning tot dusver in die reeks op te dis.
Alle belangstellendes is welkom om die eindstryde gratis op die bane van die Outeniqua-rolbalklub by te woon. Al die wedstryde begin stiptelik om 18:00.
Al die spelers word met 'n gratis biefstukete vergas. Die klub berei ook ligte etes vir toeskouers en ondersteuners terwyl 'n kontant kroeg ook beskikbaar is.
Plaaslike kunstenaars gaan ook vir vermaak sorg.
Die volgende reeks wedstryde begin weer op 1 November en verskeie spanne het te kenne gegee dat hulle gaan inskryf.
Uitslae:
1 KTV 55; 2 Ettean and Friends 54; 3 Butz & Gutz 51; 4 Supporters 49; 5 Sanlam Borg 47; 6 Kommaweer Stoffeerders 46; 7 Disasters 45; 8 Bowling Stones 45; 9 Vorster Motors 45; 10 Boardware 43; 11 Just Property 42; 12 Chanel Doggy Parlour 41; 13 4 Musketeers 41; 14 York Auto 40; 15 Mac Dee Hops 40; 16 Jack's Paint & Hardware 40; 17 GRM & WJC 39; 18 Mend a Bath 38; 19 Magic Rollers 38; 20 Frikkie 38; 21 Miskruiers 37; 22 Ricoh 37; 23 Odd Balls 34; 24 Goussard prokureurs 33; 25 Diva's 31; 26 Butter Bowls 31; 27 Comcen 24; 28 CO Prokureurs 16.
Wedstrydlys:
Mac Dee Hops t Jack's Paint & Hardware; GRM & WJC t Mend a Bath; Magic Rollers t Frikkie; Miskruiers t Ricoh; Odd Balls t Goussard prokureurs; Diva's t Butter Bowls; Comcen t CO Prokureurs; KTV t Ettean & Friends; Butz & Gutz t Supporters; Sanlam t Kommaweer Stoffeerders; Disasters t Bowling Stones; Vorster Motors t Boardware; Just Property t Chanel Doggy Parlour; 4 Musketeers t York Auto.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'