Gallery Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Laerskool Blanco se skoolterrein was dié plek om te wees verlede Saterdag met die Oubos MTB-maraton.
Deelnemers aan die vier afstande - 75 km, 50 km, 25 km en 10 km - het reeds voor 07:00 nadergestaan vir die wegspring van die resies.
Altesaam 233 fietsryers het in die verskillende kategorieë deelgeneem. Vir die 5 km-gesinstap was daar ongeveer 100 deelnemers.
Fotogalery: Speke draai vir Oubos MTB marathon 2022
Jongelinge het verbaas met wat hulle op 'n bergfiets kan doen. Negejarige Leoné Theron van Laerskool George-Suid was tweede oor die wenstreep in die 10 km-resies, en was die vrouewenner van die afdeling. Die entoesiasme van die hoeveelheid kinders wat bereid was om vroeg op te staan en die stofpad aan te durf, was aansteeklik. Meer gesoute ryers het die 75 km en 50 km aangepak.
VIDEO: Oubos MTB Marathon:
Waarnemende hoof, Estée Terblanche, het elke toeskouer, ouer, vriend en familielid bedank wat bygedra het tot die dag se sukses. "Baie dankie ook aan ons borge wat ons jaarliks ondersteun," het sy gesê. "Dit was 'n heerlike dag vol pret en plesier. Die potjiekosgeure het van vroegdag in die lug gehang wat die toeskouers se monde laat water het.
Baie dankie ook aan die ouers wat hier vreeslik baie moeite gedoen het om die verskillende stalletjies te versier. "Ons wil graag ook ons beoordelaars van die potjiekos bedank wat die smullekker potte beoordeel het."
Vorige artikel: Bergfietsry-marathon skop af
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'