GEORGE ROLBALNUUS - Die egpaar Lourens en Nan Roos, het as wenners uit die stryd getree in die Outeniqua-rolbalklub se gewilde Covid Two Four Two-kompetisie wat oor twee Saterdae aangebied is.
Met die beperkings wat verskeie rolbalkompetisies in die wiele gery het, het die klub besluit om hierdie kompetisie aan te bied en aan alle rolbalspelers geleentheid te bied om daaraan deel te neem. Aanloklike prysgeld was op die spel en spelers van oor die hele streek het ingeskryf.
Die kompetisie het 'n vol veld, wat binne die Covid-19-beperkings toegelaat word, getrek en die deelnemers het dit duidelik geniet om die geleentheid aan te gryp.
Verskeie topspelers van die streek het vir die gemengde kompetisie ingeskryf en spel van 'n goeie gehalte gelewer.
Die afwesigheid van ondersteuners het ietwat van 'n demper op die atmosfeer geplaas.
Die naaswenners was die ervare Japie Combrink en jeugdige Gillian Young met Alhan van der Merwe en Eliana Hattingh wat die derde plek ingeneem het.
Al die wenners is lede van Outeniqua-rolbalklub.
Eliana Hattingh en Alhan van der Merwe het die derde plek ingeneem.
Die wenners, Lourens en Nan Roos.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'