GEORGE NUUS - Die Pool Junkies van George het die Infanterieskool op Oudsthoorn se Black Ball-potspelkompetisie gewen.
Die Pool Junkies het eers met die Weermag A-span in die halfeindstryd afgereken en toe voortgegaan om hul B-span in die eindstryd te klop.
Die span van Wicit Sports Pub het in die ander halfeindstryd teen Weermag B verloor.
Mense wat meer oor die sportsoort wil leer of help om 'n nuwe klub op die been te bring kan vir Marius Booysen by die Infanterieskool bel by 075 966 6682.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'