PACALTSDORP NUUS - Karateka van Pacaltsdorp-skopboksklub het uitstekende prestasies by die 2026 Kosa SA kampioenskap op 11 Julie in George gelewer.
Die klub het aan Tatami semi-kontak, ligte kontak, laeskop en ringsport deelgeneem.
Een van die klub se studente, Leah-Grace Gericke, het op 12 Julie aan die Kosa UFN Fights deelgeneem, waar sy 2de plek behaal het.
Pacaltsdorp-skopboksklub is trots op al sy deelnemers wat die klub met onderskeiding verteenwoordig het. Kancho Carl Brink is die afrigter.
Die klub wens al die medalje-wenners geluk met hul uitstekende prestasies en bedank die afrigters, ouers en ondersteuners vir hul volgehoue ondersteuning.
Voor: Afrigter Kancho Carl Brink, Tazley Jantjies, Leah-Grace Gericke, Jayden Barends, Hayden Bruintjies en Layton Bakhary. Agter: Godfrey Kadza, Waylin Malgas, Linwin Pedro, Tivon Pluim, Kaylib Thenissen en Taurique Petersen.
Die medaljewenners is:
Mishay Lottering (een 2de en een 3de plek)
Chadwin Vermeulen (twee 2de plekke)
Nelson Harris (twee 2de plekke)
Lu-Jeandro Jansen (twee 1ste plek)
Randall Louw (een 2de en een 3de plek)
Whaleed van Beeling (twee 2de plekke)
Moegamat Dreyer (een 1ste en een 2de plek)
Khloe Damons (twee 1ste plekke)
Hayley Campher (twee 1ste plekke)
Johagen-Leigh Katzen (een 3de plek, 4de plek)
Blake-Lee Munsamy (twee 3de plekke)
Linwin Pedro (twee 1ste plekke)
Waylin Malgas (een 1ste plek, 5de plek)
Taurique Petersen (een 2de plek, en 4de plek)
Layton Bakhary (een 2de plek en 4de plek)
Godfrey Kadza (een 1ste, 5de plek)
Kaylib Theunissen (een 1ste en een 2de plek)
Tazley Jantjies (een 2de en een 3de plek)
Jayden Barends (twee 3de plekke)
Hayden Bruintjies (twee 2de plekke)
Tivon Pluim (een 1ste plek, 2de plek).
Pacaltsdorp-skopboksklub is baie trots op al sy karateka wat by die 2026 Kosa SA kampioenskap uitgeblink het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’