GEORGE NEWS - Ses leerders van Hoërskool Outeniqua het die Eden o. 14-hokkiespanne by vanjaar se Interpro-vinsiale Toernooi (IPT) en streektoernooi verteen-woordig.
Emma van Zyl en Leame Gerber is vir die Eden-span gekies wat aan die IPT deelgeneem het. Emma is ook as spankaptein aangewys. Die Eden-span het die toernooi in die 10de plek afgesluit.
By die streektoernooi het Miahlize Kamener, Bella Coetzer, Kylie Croné en Lexi de Bruin Eden verteenwoordig. Bella is as spankaptein aangewys, terwyl die span die toernooi in die sewende plek voltooi het.
- Saamgestel deur Marguerite van Ginkel