GEORGE ROLBALNUUS - Outeniqua-rolbalklub se vroue het Saterdag skoonskip gemaak in die Eden-parekampioenskap deur die eerste drie plekke in te neem.
Die kampioene, Mimie Nortje en Judy Swart, het vir drie jaar agtereenvolgens goud gewen en moes in die finaal teen hul klubmaats, Nan Roos en Trix van Niekerk, te staan kom.
Susan Meyer en Mariette Young het brons gewen.
In die mans pare-afdeling het nog 'n Outeniqua-span, Terrence Wilson en John Young (jr.), met silwer weggestap nadat hulle naelskraaps in die eindstryd geklop is.
Die wedstryde het onder goeie weersomstandighede by die Outeniqua-rolbalklub se bane plaasgevind en 'n groot aantal belangstellendes het die drama op die bane dopgehou.
Mimie Nortjie (regs) en Judy Swart (middel) ontvang hul wennerstrofee vir die derde agtereenvolgende jaar van Jenny Sinclair, president van Eden-rolbal (links).
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'