RIVERSDAL MUURBALNUUS - Twee Oakdale-muurbalspelers het die afgelope vakansie aan die SA Platteland Muurbaltoernooi in Bloemfontein deelgeneem.
Daniël du Preez (gr. 8, regs) het ses wedstryde gespeel waarvan hy drie gewen het. Sy kranige vertonings het aan hom 'n plek in die SA Plattelandse span besorg.
George Gerber (gr. 11, links) het een van sy vyf wedstryde gewen.