TUINROETE NUUS - Die GrootbrakGrabadoo is 'n Tuinroete-instelling en word vir die 19de keer aangebied op Saterdag 31 Desember. Die geleentheid bied bergfietsroetes van vier verskillende afstande aan, asook 'n pretstap deur die dorp.
Die ervaring word beskou as die toppunt van gesinspret deur plaaslike inwoners en besoekers aan Mosselbaai, en laat fietsryers en stappers/drawwers met welverdiende medaljes en aandenkings, maar veral herinneringe wat hul vir 'n leeftyd bybly.
Hardlopers, stappers, gesinne en hul troeteldiere word genooi om aan die pretstap deel te neem.
Die aksie skop af om 06:00 op Saterdag 31 Desember by die Groot-Brak-sportterrein in Langstraat, oorkant Peperboom Restaurant.
Aanlyn inskrywings sluit teen 30 Desember, maar voorafinskrywings kan by die sportterrein gedoen word vanaf 08:00 tot 17:00 op die 30ste, en laat inskrywings op die 31ste van 06:00 - 06:30.
Inskrywing kan gedoen word by Property Connect-kantore in Wilderness, George, Groot-Brakrivier en Mosselbaai, asook Coimbra George. Inskrywingsvorms kan in Groot-Brak verkry word by De Dekke Spar.
Jy kan ook deur www.onlines.co.za jou deelname aan GrootbrakGrabadoo '22 waarborg.
Kontak vir Mimi by 084 583 3144 of mimi@gojipr.net, of Alewijn by 082 457 5675 of dyndev@mweb.co.za vir verdere besonderhede.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'