EDEN DISTRIK NUUS - Een van Eden-driekamp se jongste klubs, IRON-jawed Multisport, het verlede Sondag, onder leiding van die broers JC en PM Visser, die eerste in 'n reeks van vier dubbelkamp-byeenkomste by die Fairy Knowe-hotel in Wilderness aangebied.
Dubbelkamp, oftewel duathlon, bestaan uit drie aktiwiteite: die eerste been word gehardloop, gevolg deur fietsry en afgesluit met 'n hardloop-been. Al drie aktiwiteite vind aaneenlopend plaas.
Die doel van dubbelkamp is om veral aan driekampers die geleentheid te gee om fiks te bly gedurende die wintermaande wanneer dit te koud is om buitenshuis te swem, maar ook om voor te berei en 'n span te kies wat die Eden-streek later vanjaar by die nasionale dubbelkampkampioenskappe kan verteenwoordig.
'n Verskeidenheid atlete het deelgeneem wat gewissel het van ervare atlete tot nuwelinge, wat die sport vir die eerste keer aangedurf het. 'n Hele paar juniors het ook deelgeneem.
Die uitslae van die eerste been van die IRON-jawed Muiltisport Eden-dubbelkamp is:
Senior mans (5 km-hardloop, 20 km-fietsry, 2,5 km-hardloop)
1. JC Visser 59:43; 2. Gerrie Beukes 59:51. 3. R. Swanepoel 59:58.
Senior vroue (5 km-hardloop, 20 km-fietsry, 2,5 km-hardloop)
1. M. Toovey 1:05:37; 2. E. Ketterer 1:08:53; 3. C. Viljoen 1:12:56.
Spanne (5 km-hardloop, 20 km-fietsry, 2,5 km-hardloop)
1. Team de Klerk 1:21:35
Seuns 16-17 jaar (2,5 km-hardloop, 10 km-fietsry, 1,25 km-hardloop)
1. H du Plessis 1:08:10
Seuns 14-15 jaar (2,5 km-hardloop, 10 km-fietsry, 1,25 km-hardloop)
1. C. Hattingh 35:21
Seuns 12-13 jaar (2,5 km-hardloop, 10 km-fietsry, 1,25 km-hardloop)
1. J. Vorster 38:03; 2. H. Maritz 39:13; 3. E. Wildeman 43:01.
Dogters 14-15 jaar (2,5 km-hardloop, 10 km-fietsry, 1,25 km-hardloop)
1. L Engelbrecht 36:00
Dogters 12-13 jaar (2,5 km-hardloop, 10 km-fietsry, 1,25 km-hardloop)
1. A du Plessis 48:25
Die volgende byeenkoms is op Sondag 22 April by Fairy Knowe. Almal is welkom en veral nuwelinge, juniors en aflosspanne word aangemoedig om deel te neem. Bergfietse is ook welkom.
Belangstellendes kan vir JC Visser by 078 245 0456 of PM Visser 082 591 6031), albei van IRON-jawed Multisport, bel vir meer besonderhede.
Laastens wil die bestuur van Eden-triathlon graag alle atlete sterkte toewens wat op die 15de April aan die Ironman in Port Elizabeth gaan deelneem.
JC Visser het die beste onder die senior mans gevaar.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'