GEORGE NUUS - Hoërskool Outeniqua se junior muurbalspelers het ’n sterk vertoning by die onlangse Growthpoint SA Junior National Championship in Kaapstad gelewer.
Christiaan Swanepoel het die o.17-seunsafdeling en die goue medalje verower, terwyl Ruan Botha die derde plek behaal het.
Die twee Eden-spelers het ook in die laaste rondes teen mekaar te staan gekom, waar Swanepoel die wedstryd met 3-0 gewen het.
In die o.19-meisiesafdeling het Hanrie Duits ’n vyfde plek behaal.
- Saamgestel deur Marguerite van Ginkel
Hanrie Duits. Foto: Verskaf
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’