Gallery
SPORTNUUS - George Voorbereidingskool se jaarlikse gholfdag, aangebied as 'n fondsinsamelings-geleentheid vir die skool, het verlede Donderdag 11 Junie by die pragtige Kingswood-gholflandgoed afgeskop.
Die fondsinsameling het na verwagting meer as R100 000 ingebring, met finale berekeninge wat nog afgehandel word.
Altesaam 104 spelers het op die baan gewedywer, met 12 besighede wat by verskeie gate hul ondersteuning gebied het.
FOTO GALERY - Kingswood kook met George Voorbereidingskool se gholfdag
Die formaat het bestaan uit 20 x 2 Betterbal-pryse, wat aan die top-20-spanne toegeken is. Dit het gesorg vir sterk kompetisie en baie opwinding op die baan.
'n Groot gelukstrekking het ekstra prettigheid gebring, met onder meer twee spesiale gholfstokke ter waarde van sowat R8 000 wat by die pryse ingesluit is.
Callie Burger het die veiling behartig terwyl Caroline-Grace Brussow as seremoniemeester en sangeres die gehoor vermaak het. Die distriksburgemeester, Marais Kruger, het ook die geleentheid bygewoon.
Volgens die organiseerders het die dag in 'n besonder positiewe atmosfeer verloop. Die skool het almal wat bygedra het bedank vir 'n suksesvolle dag.
Die hoofborg van die dag was LDP Plant Hire. - Saamgestel deur Michelle Pienaar
Jacques Jordaan, Garth Joubert, Kevin Erasmus en David Jones.
Michael le Roux, Org Strauss, Anton Hoepfner, Francois van Dink en Pieter Lourens.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’